Dit wat saak maak The important things
Lees meer oor dit wat belangrik is in ons Skool, van akademie, taalbeleid, skooltye en wat ons kurrikulum insluit.
​
Read more about the important aspects of our school from academics, language policy, school times and what is included in our curriculum.
Akademie
Toegewyde, gegradueerde en ervare onderwyseresse lei en handhaaf ‘n hoë onderrigstandaard wat gefokus is op deeglike voorbereiding vir die laerskool. Ons merietestelsel is ingestel op positiewe versterking van goeie gedrag. Hier by Rooha glo ons dat elke kind in die geheel moet ontwikkel.
Ons goedvoorbereide lesse is op die Wes-Kaapse Onderwys Departement se (KABV) kurrikulum vir die Pre-Primêre onderrig gebaseer, waar ons ook geregistreer is. Vorderingsverslae word elke kwartaal uitgereik. Ons het ook reeds die ELit en RMaths program van die Departement geïmplementeer.
By Rooha glo ons dat kinders leer deur te speel. Ons ruim genoeg tyd in vir vryspel, binne en buite, waar ‘n verskeidenheid apparaat tot hulle beskikking is. Elke week behandel ons ‘n nuwe interessante tema om die kinders se kennis te verbreed. Ons werk ook elke week ‘n musiekles, asook ‘n bewegingsles deur om in die kinders se ouditiewe en fisiese behoeftes te voorsien.
Ons bespreek daagliks die tema van die week: ‘n bybelstorie; die weer; wiskunde; taal en lewensoriëntering. Ons span ook elke dag ons kreatiwiteit in deur te sing en skeppende aktiwiteite te doen. Dit is vir ons heerlik om die dag af te sluit met ‘n storie. Ons ondervind dat kinders beter leer in ‘n warm, kindervriendelike klas-atmosfeer en daarom streef ons elke dag daarna om hierdie veilige ruimte vir ons kinders te skep.
Academics
Dedicated, graduated and experienced teachers lead and provide a high standard of education to ensure thorough preparation for primary school. Our merit system focuses on balanced positive discipline.
At Rooha we are focused on developing the child holistically. Our well-prepared pre-primary lessons are based on the (CAPS) curriculum of the Department of Education of the Western Cape where we are also registered. Progress reports are issued each term. We also run the ELit and RMaths program from the Department.
At Rooha we believe children learn through playing. We make enough time for free play indoors as well as outdoors. A new interesting theme is covered each week to broaden our children’s knowledge. Every week we also work through a music lesson as well as a movement lesson to provide for our children’s auditory and physical requirements.
Every day we discuss the weekly theme: a Bible story; the weather; maths; language and life orientation. We also engage our creativity through singing and performing other creative activities. It is most enjoyable to round off a day with a good story. We have found that a warm and child-friendly atmosphere in class improves our children’s ability to learn and therefore we aim to create this space of safety for them each day.
Taalbeleid
Rooha is ‘n dubbelmedium skool waar daar met elke kind in sy/haar moedertaal gepraat word (hoofsaaklik Engels en Afrikaans).
Language Policy
Rooha is a double medium school where each child is spoken to in their home language (mainly English and Afrikaans).
Skool Tye
07:15 Skool se terrein en deure open.
08:00 Formele dagprogram begin.
12:30 Halfdag kinders word afgehaal word en moet voor 12:45 afgehaal wees.
13:00 Formele Nasorg program begin.
17:30 Skool gebou en terrein sluit.
School Times
07:15 School premises and doors open. No child may be dropped off before that.
08:00 Formal daily program starts.
12:30 Pre-Primary finishes and children can be collected. Children who do not stay for aftercare need to be collected by 12h45 at the latest.
13:00 Formal aftercare program starts.
17:30 School premises and doors close.​
Rekenaaronderrig
Rekenaarvaardighede is vir al ons kinders by Rooha ‘n essensiële vereiste. Ons glo dat jong kinders hierdie vaardighede op ‘n spelender wyse moet aanleer. Rooha het in hoë kwaliteit hardeware en ‘n hoogaangeskrewe internasionale sagteware (ABC Mouse) program belê. Die program maak leer effektief en is vol pret. Rekenaarvaardighede is ingesluit by die Rooha skoolfonds.
Computer Based Training
Having computer skills is an essential requirement for all our children. We believe they need to learn these skills in a non-threatening but guided way through playing. Rooha is investing in high quality hardware and proven international software that makes this learning both effective and fun. This is included in the school fees since Rooha now regards this as a basic requirement.
Music Maestro's
Alle graad R leerders kry ‘n musiekles waar hulle geleer word oor perkussie instrumente en musiekwaardering (ingesluit in skoolfooi). Hierdie musiekles skep ‘n opgewondenheid vir musiek by ons kinders en mag dalk selfs ‘n paar maestro’s ontwikkel! Ons het ‘n gala optrede tydens die gradeplegtigheid aan die einde van die jaar.
Music Maestro's
Alle graad R leerders kry ‘n musiekles waar hulle geleer word oor perkussie instrumente en musiekwaardering (ingesluit in skoolfooi). Hierdie musiekles skep ‘n opgewondenheid vir musiek by ons kinders en mag dalk selfs ‘n paar maestro’s ontwikkel! Ons het ‘n gala optrede tydens die gradeplegtigheid aan die einde van die jaar.
Bodyworx
Ons bied ons eie ontwikkelde, gestruktureerde groot-motoriese program aan alle leerders. Hierdie program wat 2 keer per week aangebied word is gemik om die kinders te laat beweeg en die groot spiere in die liggaam te versterk. Bodyworx is nie net prettig nie, maar dit stimuleer ook die kind se spiertonus, balans, uithouvermoë, liggaamsbewustheid en koordinasie. (ook ingesluit by skoolfooie)
Bodyworx
We provide our own structured gross motor development program. This twice weekly activity is aimed to get the children moving and to strengthen the big muscles in the body. Bodyworx is not only full of fun, but it will stimulate the child’s muscle tone, balance, motor endurance, body awareness and coordination